Termes en voorwaardes

 

1.             Aanvaarding van hierdie Termes en Voorwaardes

 

1.1  Die Termes en voorwaardes hieronder uiteengesit, en (“hierdie Termesen Voorwaardes”) is van toepassing op enige persoon wat toegang verkry tot, verwys na of enige deel van die Intervet webwerf gebruik. (“die Gebruiker, jy, jou” ).

1.2  Onderhewig aan onderstaande klousule 1.4, beskryf hierdie Termes en Voorwaardes die Termes en voorwaardes waarvolgens die Gebruiker hierdie webtuiste en die inligting, inhoud, produkte of dienste beskikbaar op of deur die webtuiste mag gebruik, daarna mag verwys  en toegang mag verkry daartoe (individueel en gesamentlik verwys daarna as “Gebruik”) of hierdie inligting, inhoud, produkte of dienste deur Intervet gebied of besit word, deur ‘n derde party voorsiener of enige ander party verskaf word, insluitend sonder enige beperking enige sagteware, ikone, teks, verbindings, afbeeldings, klankknipsels, handelsname, logo’s, handelsmerke en diensmerke soos deur die wet beskerm, insluitend sonder enige beperking die kopiereg-, patent- en handelsmerkwette (waar daar na die inligting, inhoud, produkte en dienste individueel en gesamentlik in hierdie Termes en Voorwaardes verwys word as “die Webwerf Inhoud”) mag gebruik, daarna mag verwys  en toegang mag verkry daartoe (individueel en gesamentlik verwys daarna as “Gebruik”).

1.3  Indien die Gebruiker nie tot hierdie Termes en Voorwaardes instem nie, is die Gebruiker nie toegelaat om hierdie Webwerf of die inhoud van hierdie Webwerf langer te gebruik nie en moet onmiddellik ophou om hierdie Webwerf en die Webwerf Inhoud te gebruik, daarna te verwys of toegang tot die Webwerf  en die Webwerf Inhoud te verkry, wat indien dit in gebreke bly, die Gebruiker verplig sal wees om aan onderstaande Termes en Voorwaardes onderworpe te wees.

1.4   Die Gebruiker is geregtig daarop om ‘n afskrif van hierdie Termes en Voorwaardes te druk. Indien die Gebruiker probleme ondervind om hierdie Termes en Voorwaardes te druk of hulp verlang om ‘n afskrif of elektroniese kopie van hierdie Termes en Voorwaardes te verkry, moet die Gebruiker met Intervet skakel by  0861 838 838.

 

2.      Omvang van toegelate gebruik

 

2.1  Onderhewig aan die verdere stipulasies van hierdie Termes en  Voorwaardes, mag hierdie Webwerf en die Webwerf Inhoud slegs vir wettige persoonlike en nie-kommersiële oogmerke gebruik word (“die Toegelate Gebruik”). Die Toegelate gebruik sluit nie die gebruik van die bronkode van hierdie webwerf of die bronkode van enige sagteware of rekenaarprogram wat deel vorm van die Webwerf Inhoud in nie.

2.2  Enige wyse van gebruik wat nie as regverdigbare gebruik binne die konteks van die omvang van die Toegelate Gebruik kwalifiseer nie of wat nie uitdruklik  deur Intervet skriftelik goedgekeur is nie, insluitend (sonder beperking) raamkopiëring, wysiging, verspreiding, kommersialisering, uitbuiting en/of verandering van die Webwerf en/of die Webwerf Inhoud, is verbied. (“dieVerbode Wette” ). Hierdie Termes en Voorwaardes en enige ander beperkings op die Gebruik van hierdie Webwerf of die Webwerf Inhoud sal ook van toepassing wees op enige deel van hierdie Webwerf of van die Webwerf Inhoud wat verberg mag wees wanneer die Webwerf of Webwerf Inhoud gebruik word.

2.3  Indien die Gebruiker verlang om enige van die Verbode Wette wel toe te pas, of dit elektronies of op ander wyses is, moet Intervet se vooraf, skriftelike toestemming daartoe verkry word. ‘n Aansoek  moet aan intervet@global.co.za voorgelê word of aan (011) 392 3158 gefaks word. Intervet behou die reg voor, om volgens eie diskresie toestemming te weerhou of toe te staan en mag enige voorwaardes plaas op toestemming wat verleen word.

2.4  Intervet mag, volgens eie diskresie, te eniger tyd en om enige rede en sonder vooraf kennisgewing,

2.4.1       die werking van hierdie Webwerf of enige Webwerf Inhoud; of

2.4.2       die Gebruiker  se reg om hierdie Webwerf of enige deel van die Webwerf Inhoud te gebruik,

opskort of  beëindig.

2.5  Die Gebruiker mag nie enige regte wat aan hom/haar toegestaan is met betrekking tot hierdie Termes en Voorwaardes aan ‘n ander persoon of entiteit oordra nie.

2.6  Intervet sal nie verhoed wees om dieselfde, soortgelyke, addisionele en/of verskillende regte aan enige ander persoon of entiteit oor te dra nie.

 

3.      Uitsluiting  van aanspreeklikheid vir Gebruik van hierdie Webwerf en die Webwerf Inhoud

 

3.1  Die Gebruiker gebruik hierdie Webwerf en hierdie Webwerf Inhoud alleen op eie risiko.

3.2   Onderhewig aan die voorwaardes van die wet op Elektroniese handel en Kommunikasie No. 25 van 2002 (“EHKW”) en volgens die volle omvang van die wet sal Intervet geen aanspreeklikheid aanvaar vir en die Gebruiker vrywaar Intervet hiermee teen enige verlies, aanspreeklikheid, eis, straf of skade, welke direk, indirek, besonders of daarmee gepaardgaande, voortspruitend uit of verwant aan:

3.2.1       die Gebruik van die Webwerf en/of die Webwerf Inhoud,  of enige aksies of transaksies wat daaruit voortspruit nie

3.2.2       enige onbeskikbaarheid, onderbreking, aftyd, wanfunksionering of weiering van hierdie Webwerf en/of die Webwerf Inhoud om watter rede ookal, selfs al is Intervet ingelig oor die moontlikheid van so ‘n verlies, aanspreeklikheid, uitgawe, eis, boete of skade.

3.3  Hierdie Webwerf bevat inligting oor Veeartsenykundige farmaseutika en biologiese produkte gebaseer op internasionale dossiere. Die Webwerf mag verwys na produkte wat of nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, of onder ‘n ander handelsnaam bemark word. Daarby mag die veiligheid en doeltreffendheidsdata en die onttrekkingsperiodes vir ‘n spesifieke produk verskil afhangende van plaaslike regulasies. Raadpleeg asb. u veearts vir verdere inligting.  Intervet mag van tyd tot tyd die data inligting van produkte aanpas en kan hoegenaamd geen aanspreeklikheid aanvaar wat spruit uit data wat verkry is vanaf ‘n gedrukte blad wat nie meer op datum is nie.

3.4  Vir die doel van hierdie klousule 3 en onderstaande klousule 5, sal enige verwysing na Intervet ook werknemers, konsultante, direkteure, verteenwoordigers, agente, aandeelhouers, geaffilieerdes, raadgewers, diensverskaffers en inhoudsverskaffers van Intervet insluit.

 

4.      Uitsluiting van waarborge en voorstellings

 

4.1  Hierdie Webwerf en Webwerf Inhoud word “soos dit is” aangebied en mag sonder vooraf kennisgewing verander word.

4.2  Onderhewig aan EHKW se voorwaardes, word hierdie Webwerf en Webwerf Inhoud sonder enige voorstelling of waarborg verskaf, hetsy bewoord, geïmpliseer of statutêr, insluitend (sonder beperking) enige voorstelling of waarborg t.o.v. die uitvoerbaarheid, integriteit, verenigbaarheid, beskikbaarheid of funksionaliteit van hierdie Webwerf of t.o.v. die uitvoerbaarheid, akkuraatheid, volledigheid, integriteit, verenigbaarheid, beskikbaarheid, funksionaliteit of betroubaarheid van hierdie Webwerf Inhoud.

4.3  Die Gebruiker mag nie staatmaak  of enige waarborg of voorstelling wat volgens bewering die Gebruiker oorhaal om tot hierdie Termes en Voorwaardes in te stem nie, tensy die voorstelling of waarborg in hierdie Termes en Voorwaardes vervat is.

 

 

4.4  Hierdie Webwerf en Webwerf Inhoud is nie daarop gemik om advies en aanbevelings van enige aard te bevat nie, insluitend (sonder enige beperking) t.o.v. enige instansie, belegging, diens of produk nie.

4.5  Die toestaan van enige toegewing deur Intervet aan die Gebruiker t.o.v. enige saak gekoppel aan die Gebruiker van hierdie Webwerf of die Webwerf Inhoud, sal nie meebring dat Intervet afstand doen van enige reg nie of  die uitoefening van enige huidige of toekomstige reg voorkom of nadelig beïnvloed nie.

 

5.Verwysings en snelskakels na en vanaf ander webblaaie, produkte en dienste

 

5.1 Hierdie Webblad mag verwysings en snelskakels na ander webwerwe en produkte, opinies of dienste of derde partye bevat. Sodanige verwysings of snelskakels is nie bedoel om en moet nie aanvaar word as bevestiging, aanbeveling of affiliasie met sulke webwerwe of opinies, produkte of dienste van derde partye nie.

5.2 Onderhewig aan die voorwaardes van EHKW, sal die Gebruiker van sodanige ander webwerwe of produkte of derde partye dit ten volle op eie risiko doen en Intervet is nie verantwoordelik vir enige verlies, aanspreeklikheid, uitgawe, eis, boete of skade, hetsy direk, indirek, spesiale of daarmee gepaardgaande, wat spruit uit of verwant is aan die vertroue in of die gebruik van of pogings om ‘n ander webwerf te gebruik of die opinies, produkte of dienste van derde partye nie.

5.3 Die Gebruiker mag nie enige verwysing na Intervet, na hierdie Webwerf of die Webwerf Inhoud maak nie en ook nie enige derde party toelaat om sodanige verwysing te maak nie, hetsy deur ‘n koppeling of andersins, waar sodanige verwysing geïnterpreteer of verklaar kan word as onderskrywing, affiliasie of aanbeveling deur Intervet m.b.t.die Gebruiker of derde party of van die dienste of opinies van die gebruiker van daardie derde party nie.

 

 

6.Intellektuele Eiendom

 

6.1 Die Gebruiker sal geen reg, titel of  aandeel in of aan hierdie Webwerf of die Webwerf Inhoud verkry nie, behalwe daardie regte van gebruik wat spesifiek aan die Gebruiker toegestaan is in hierdie Termes en Voorwaardes, met dien verstande dat sulke regte van Gebruik altyd ondergeskik sal wees aan hierdie Termes en Voorwaardes.

6.2     Tot die mate dat enige van die Webwerf Inhoud aan Intervet gelisensieer is of aan ‘n derde party behoort, sal die Gebruiker se regte van gebruik ook ondergeskik wees aan enige Termes en Voorwaardes wat sodanige lisensiehouer of derde party van tyd tot tyd mag neerlê en die Gebruiker stem in om te voldoen aan sodanige Termes en Voorwaardes.

 

7. Privaatheid en onderskepping

 

7.1     Intervet mag jou persoonlike inligting insamel, vergelyk, prosesseer of stoor (soos in EHKW bepaal) met die doel om jou te voorsien van toegang tot die Webwerf en die Webwerf Inhoud sodat ons daaropvolgende kommunikasie met jou kan saamstel en ons produkte en dienste deurgaans kan verbeter.

7.2     Intervet mag jou persoonlike inligting gebruik om profiele van statistiese doelwitte saam te stel en mag handel dryf met sulke profiele en statisiese data. Alhoewel Intervet sal poog om te verseker dat die profiele en statistiese data nie na jou herlei kan word nie, waarborg Intervet egter nie dat derde partye nie in staat sal wees om sulke profiele en statistiese data aan jou te koppel nie. Hiermee vrywaar jy Intervet teen enige verlies, aanspreeklikheid, uitgawe, eis, boete of skade deur jou gely, hetsy dit direk, indirek, spesiaal of gepaardgaande, voortspruitend uit of in verband met enige derde party wat in staat is om sodanige profiele en statistiese data aan jou te koppel.

7.3     Intervet sal alle redelike stappe neem om ongeoorloofde toegang tot of openbaarmaking van jou persoonlike inligting te voorkom. Nogtans waarborg intervet nie dat die persoonlike inligting 100% beveilig is nie.

7.4     Jy stem saam dat jou kommunikasie op hierdie Webwerf onderskep mag word, soos beskryf in die Regulasie van Onderskepping van Kommunikasie Wet 70 van 2002 soos gewysig is deur Intervet of enige ander bevoegde outoriteit.

7.5     Indien jy wil weet watter persoonlik identifiseerbare inligting Intervet versamel en gestoor het aangaande jou bedrywighede op hierdie Webwerf, moet jy asb. skakel met Intervet se Bemarkingsafdeling by 0861 838 838. Jy kan die verwydering van jou persoonlike data te enige tyd versoek.

 

 Nuusbrief privaatheid

·          U e-pos adres sal slegs gebruik word vir Nuusbriewe en/of flitsberigte vanaf Intervet

·          U kan te eniger tyd u intekening op Intervet se nuusbrief staak

·          Indien u vir vriende of kollegas 'n e-pos nuusbrief aanbeveel, sal hulle slegs een kopie van die nuusbrief ontvang. 

 

8. Variasie van hierdie Termes en Voorwaardes

 

8.1        Intervet is geregtig daarop en behou die reg voor om hierdie Termes en Voorwaardes van tyd tot tyd te verander en te wysig volgens eie diskresie. Sulke gewysigde of veranderde Termes en Voorwaardes sal op hierdie Webwerf vertoon word. Tydens die eerste geleentheid waarop jy toegang tot die Webwerf verkry na sodanige wysiging of verandering aan die Termes en Voorwaardes aangebring is en jy voortgaan om toegang te verkry tot die Webwerf, sal aanvaar word dat jy redelike geleentheid gehad het om sodanige veranderings en wysigings onder oë te kry en sal  hierdie Termes en Voorwaardes (soos verander en gewysig) effektief en bindend op jou wees.

8.2       Dit is jou verantwoordelikheid om telkens wanneer jy hierdie Webwerf besoek,  toegang te verkry tot en jouself op hoogte te bring van enige veranderings of wysigings wat aan hierdie Termes en Voorwaardes aangebring is.

 

9. Toepaslike Wet

 

Hierdie termes en Voorwaardes sal bestuur en verklaar word en in oorleg met die wette van die Republiek van Suid-Afrika toegepas word. Enige en alle dispute wat hieruit voortspruit of in verband hiermee ontstaan, sal uitsluitlik toegewys word en finaal opgelos word deur die bevoegde Suid-Afrikaanse howe.